Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 18 OKTOBER 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za. Klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.
U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

EERSTE TOETS VAN AMATEURLOONVRAG SLAAG NIE

SARL VERSOEK DIE DOK OM AMATEURRADIO TOT DIE SPEKTRUMBELEIDSDOKUMENT BY TE VOEG

UITNODIGING OM ’N AANBIEDING BY TE WOON

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

EERSTE TOETS VAN AMATEURLOONVRAG SLAAG NIE

Op Woensdag verlede week het die eerste toets om die amateurradioloonvrag op SumbandilaSat aan te skakel nie soos beplan verloop nie. Die probleem was ’n glips in die dagboeksagteware wat gefaal het om die om die amateurloonvrag op SumbandilaSat aan te skakel. Ingenieurs van die grondbeheerstasie is besig om die probleem te ondersoek en ’n volgende toets sal binnekort uitgevoer word.
Op 13 Oktober is die hoofkamerafasiliteit geaktiveer en ’n video-opname is gemaak. Die opname is gemaak terwyl SumbandilaSat oor Noord-Namibië was, Om die video te sien, gaan na www.amsatsa.org.za.
Besonderhede oor die volgende amateurradiotoets sal op www.amsatsa.org.za geplaas word sodra inligting beskikbaar kom.
Persone wat oudio-opnames van en rapporte oor die toets binne 24 uur na die werklike toets instuur, sal ingeskryf word vir ’n gelukkige trekking vir die ARRL se nuwe satelliethandboek. Stuur die inskrywings aan www.amsatsa.org.za.
Sodra die amateurradioloonvrag suksesvol werk, sal SA AMSAT vir ’n OSCAR-nommer aansoek doen. HAMVENTION 2010: AMATEUR RADIO CLUBS WORLDWIDE:

HAMVENTION 2010: AMATEURRADIOKLUBS WęRELDWYD: DIE REDDINGSBOEI

“Amateurradioklubs węreldwyd: die reddingsboei” sal die tema wees van die 2010 Daytona Hamvention wat vir 14 tot 16 Mei volgende jaar by die Hara Arena in Daytona, Ohio, beplan word. Hara Arena in Dayton, Ohio. Volgens die Assistent Algemene Voorsitter, Michael Kalter, W8CI, erken almal hoe baie amateurradioklubs en organisasies tot die diens bydra. Dit is veral waar in soverre klubs mekaar bystaan in rampe, velddae, kompetisies, werk met jongmense, klasse aanbied en “hamfests” borg. En, het Kalter gesę, daar is baie plekke op aarde waar ’n amateurradioklub werklik die kommunikasieskakel na die węreld is.
Ten einde te help om die węreld van radioklubs te vier, vra die beplanners van Hamvention vir foto’s van radioklubs in die węreld wat gebruik kan word op die voor- en agterbuiteblaaie van die tydskrif vir die Hamvention 2010 program. Hulle sal ook interessante stories van belangstellende radioklubs verwelkom.

INSKRYWINGS VIR TUISKONSTRUKSIEKURSUSSE STROOM IN

Inskrywings vir die tuiskonstruksiekursusse het ingestroom. Vir die Gautengse kursus is daar nog net een plek beskikbaar. Daar is nog plek beskikbaar vir die kursusse in Durban, Port Elizabeth en Kaapstad. Besoek www.sarl.org.za, kies ‘activities’, dan RTA en gaan na ‘Home Construction Course’ om die lys van persone te sien wat vir die kursusse ingeskryf het. Vir enige navrae, stuur e-pos aan rta@sarl.org.za.

SARL VERSOEK DIE DOK OM AMATEURRADIO TOT DIE SPEKTRUMBELEIDSDOKUMENT BY TE VOEG

Volgende op die publikasie van die konsep van die radiofrekwensie spektrumbeleid, het die SARL die Departement van Kommunikasie versoek om meer spesifieke bewoording aangaande amateurradio in die dokument by te voeg soos wat die geval met radio-astronomie is. Die SARL het die volgende bewoording voorgestel:
“10.5 Goewerment ondersteun dat radioamateurs voortdurend toegang sal hę tot hulle radiofrekwensies soos toegeken in die ITU se tabel van toekennings ten einde te voortgaan met die toepassing van radiospektrum vir selfontwikkeling, ondersoek in die radiowetenskap en radiogolfvoortplanting en die voorsiening van noodkommunikasiedienste en as ’n ondersteuningsmedium ten einde belangstelling in ‘STEM’ (Science Technology, Engineering and Maths) d.i. wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, onder die jeug van Suid-Afrika aan te moedig.
Ter verduideliking, ‘STEM’ het internasionaal die term ‘ICT - Information Communication Technology – vervang aangesien dit beter aan die breër vereistes van industrie voldoen, ’n gebied waar amateurradio ’n groot bydrae kan lewer.
Inligting aangaande die konsep spektrumbeleid is ’n aantal weke gelede in SARLNUUS bekend gemaak en op die webwerf vir kommentaar gepubliseer. Die SARL is bekommerd dat slegs een kommentaar ontvang is.

UITNODIGING OM ’N AANBIEDING BY TE WOON

NEEM DIE DIGITALE HOND VIR ’N WANDELING – Leer en Speel in Virtuele Węrelde is ’n interessante lesing wat aangebied word deur die Suid-Afrikaanse Netwerk van die Instituut van Ingenieurswese en Tegnologie (IET SA Network) met Roo Reynolds, IQ Collaboration Development-span, IBM - Metaverse Evangelis, VK.
Die datums is as volg:
Johannesburg, Donderdag 22 Oktober 2009 om 18:00 in die Johannesburgse Buiteklub, Woodmead.
Kaapstad, Maandag 26 Oktober 2009 om 17:30 in die lesingteaterkompleks, Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie.
Toegang is gratis en snoeperye sal na afloop van die lesings bedien word. Om te registreer, gaan na www.eepublishers.co.za.
Kan virtuele węrelde werklik die groot ding wees vir besighede, sosiale netwerking, opvoeding en vermaaklikheid? Wat is virtuele węrelde en wat kan en kan dit nie doen nie? Hoe begin ’n mens?
Terwyl hulle sekerlik nie werklike kommunikasie vervang nie, bied hulle wyer geleenthede vir mense om mekaar te leer ken as ‘ping-pong’-e-posse, gesiglose telefoonoproepe en ongemaklike videokonferensies.
Besighede gebruik virtuele węrelde om meer te doen as om net hulle handelsmerke te bemark, maak konferensies sonder reise moontlik, hulle repeteer moeilike werk in gevaarlike of lewensbedreigende situasies en laat mense toe om produkte te evalueer voordat hulle bestaan. So, indien iemand suggereer dat virtuele węrelde verspotte ontoepaslikhede en grappige alternatiewes vir die werklike lewe is, is die werklikheid verskillend.
Die spreker al uit sy ondervinding aanhaal waardeur IBM tot aanlyn samewerking in virtuele węrelde gehelp is en hy sal voorbeelde aanhaal van verskeie maatskappye en individue wat reeds virtuele węrelde gebruik het as digitale vergaderplekke waarin hulle werk, leer en speel.

OKTOBER RAE

’n Totaal van 125 kandidate het ingeskryf vir die laaste Radioamateureksamen hierdie jaar. Die SARL wens alle kandidate voorspoed toe wanneer hulle die eksamen Donderdagaand op 22 Oktober aflę.
Die normale tydsverloop tot bekendmaking van die uitslae is drie weke. Kandidate word versoek om geduldig te wees terwyl die eksamenskrifte gemerk en resultate
Vir enige navrae aangaande die RAE, kontak gerus vir Mariska in die kantoor by tel. 011 675 2393 of per e-pos na admin@sarl.org.za.

SPESIALE GELEENTHEIDSTASIE

In die bulletin van 4 Oktober is bekend gemaak dat ’n spesiale geleentheidstasie, ZS3SKA, tussen 23 en 25 Oktober in die middel van nęrens in die Groot-Karoo bedrywig sal wees op die terrein waar die Vierkant kilometer Opstelling opgerig kan word. Die stasie sal hoofsaaklik op 160, 80, 40, 20 en 15 m aktief wees in die foongedeelte van die bande. Meer inligting oor operateurs en frekwensies sal gedurende die week op die SARL se Forumblad verskyn.
'n Spesiale QSL-kaart gaan uitgereik word aan alle stasies wat hulle kaarte via die buro of direk aan Posbus 273, Strand, 7139, Suid Afrika, stuur.
Vir meer inligting oor SKA besoek www.ska.ac.za.

KOMPETISIENUUS

SARL HF GG Kompetisie.
Daar was ‘n fout in die gepubliseerde uitslae van die SARL se HF-GG-kompetisie. Pierre van Deventer, ZS6BB, het 92 punte behaal en nie 86 punte nie.

Die gekombineerde uitslae van die SARL se HF-Foon -en GG-kompetisie is as volg:
Individue:
1ste David Hutchinson, 3DA0DJ, 423 punte;
2de Bloemfontein Weermag ARK, ZS4CD, 326 punte;
3de Jan Botha, ZS4JAN, 325 punte;
4de Vidi la Grange, ZS1EL, 259 punte;
5de Hans Kappetijn, ZS6KR, 236 punte.
Baie dankie aan almal wat logstate ingedien het en baie geluk aan die wenners.

Klubdeelname
1ste ZS-kompetisiegroep, 567 punte;
2de Pretoria ARK, 493 punte;
3rde Port Elizabeth ARV, 372 punte;
4de Bloemfontein Weermag ARK, 326 punte.

Nog 'n Jeugkompetisie
Die John Vorster Hoër Tegnologiese Skool sal op die 31ste Oktober 'n kompetisie vir die jeug aanbied vanaf 10:00 tot 12:00 SAT. Kyk na die webwerf van die SARL www.sarl.org.za vir meer detail en die finale reels.

PRETORIA AMATEURRADIOKLUB SE MEGASNUFFELMARK

Die laaste Megasnuffelmark van ZS6PTA vir hierdie jaar word op Saterdag 31 Oktober vanaf 08:00 tot 11:00 by die Pretoria Motorklub in Silverton gehou. Vir meer inligting, of om 'n tafel te bespreek, kontak Almero, ZS6LDP, op 082 908 3359.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds baie laag is. Daar is tans geen amptelike en sigbare sonvlekke nie.
20 en 40 m is die beste keuses vir DX met 10 m wat gedurende die middag wil-wil wakker word. Gedurende die middae gaan die toestande na die Ooste en die Weste goed wees. Gedurende laatmiddae en die aande gaan toestande na Europa goed wees. Gedurende die oggende is daar moontlike kanse om kontakte met Australië op 20 m te maak. Kontakte met Nieu-Zeeland gaan uitdagend wees. Daar is ook 'n moontlikheid van 20 en 15 m-kontakte met Brasilië gedurende die oggende, laat middae en vroegaande. Gedurende die middae is daar goeie kanse vir 15 m-kontakte met die VSA.
Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande lewer.
Saans is 80 m die beste keuse.
Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

22 Oktober – Lesing “Maak gebruik van virtuele węrelde” Johannesburg Buiteklub, Woodmead, 18:00;
22 Oktober – Radioamateureksamen landwyd om 18:30;
23 – 25 Oktober - Spesiale geleentheidstasie ZS3SKA, op die terrein vir die die Vierkant Kilometer Opstelling op die lug;
26 Oktober – Lesing “Maak gebruik van virtuele węrelde” Kaapstad, lesingteaterkompleks, Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie om 17:30;
31 Oktober - ZS6PTA se Megasnuffelmark by die Pretoria Motorklub in Silverton van 08:00 tot 11:00;
31 Oktober – HTS John Vorster se Jeugkompetisie;
21 November – Tuiskonstruksiekursus, Gauteng by die NARS.

SARL-Nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Plaas nuusberigte, indien moontlik, in beide Afrikaans en Engels alleenlik op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.
Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n podcastuitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.
U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, opgestel is.
Dankie dat u geluister het. 73.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003